Tel + 27 (0) 21 855 0395

SWAKOPMUND HOTEL EN VERMAAKLIKHEIDSENTRUM

Die luukste Hotel in Swakopmund, Namibië

 TEMBA TUIS  PRYSE EN BESPREKINGS ANDER SWAKOPMUND ANDER NAMIBIE HOTELS E-POS ENGLISH  


‘n Besoek aan Namibië se Skedelkus sal nie volledig wees as jy nie Swakopmund besoek het nie. Indien jy hierdie kusdorp op die Atlantiese Oseaan besoek, gaan tuis by die Swakopmund Hotel en Buiteklub. Die dorp het talle voorbeelde van Duitse argitektuur, en die luukse Swakopmund Hotel en Buiteklub is in een van hierdie geboue – die ou Stasiegebou. Die Hotel laat ‘n mens dink aan ‘n era wat lank reeds verby is, maar dit het al die ekstras wat ‘n mens sou verwag van ‘n wêreldklas luukse hotel.

Die Swakopmund Hotel en Buiteklub bied verblyf in 2 luukse suites, 14 luukse kamers, 30 gesinskamers en 44 kamers met enkelbeddens. Al die kamers is en suite (bad, stort en toilet), met lugversorging wat individueel beheer kan word, en toegerus met tee-/koffie-stasies, toegeruste mini-kroeë, elektroniese kluise, haardroërs, skeerpunte, TV (insluitend ‘n Duitse kanaal) en telefoon.

Jy kan maaltye in jou kamer geniet en die kamerdiens (versnapering-spyskaart) is ononderbroke. Jacky Kandukira is in beheer van die kombuis by die Swakopmund Hotel en Buiteklub. Sy is ‘n lid van Namibië se Herero-stam en spesialiseer in tradisionele Namibiese cuisine.

Platform One bied ‘n buffet en a la carte spyskaart aan en bedien ontbyt, middagete en ligte maaltyd. Die Station Grill is waar jy moet aanklop as jy vars lynvis en ander seekos wil eet…reg vanuit die yskoue kuswaters van Namibië! Moenie die “Woestyn-aand” misloop nie, wanneer hulle ‘n uithang-banket in die woestyd bedien.

Natuurlik bied Swakopmund Hotel en Buiteklub geriewe soos ‘n wasgoed-, droogskoonmaak- en opknapdiens (dieselfde dag), ‘n casino, refleksoloog, dokter op roep, gimnasium, snuisterye, swembad, winkels, fliek, babawagter en ‘n speletjieskamer vir ouer kinders, haarsalon, motorhuurdiens, veilige parkering en toergids vir raad oor daguitstappies.

  

 

Daar is daagliks vlugte na Walvisbaai wat net 30 km vanaf Swakopmund is. Bly gerus by The Stiltz indien ons dalk te duur is vir jou.

As jy noord ry vanaf Swakopmund kan jy Damaraland ook nou bekend as die Kunene distrik binne 'n dag bereik. Hier kan jy gerus by Twyfelfontein Country Lodge naby die versteende woud en verbrande berge bly. Twee dae van die Swakopmund hotel isKwando Kamp op die oewers van die Kwando rivier en Mazambala Eiland Lodge op 'n eiland in die Kwando Rivier. Onderweg daarheen sal jy waarskynlik 'n paar nagte in Okaukuejo Etosha Nasional Park se gewildste akkommodasie wil vertoef.

BOTSWANA

Ghanzi is in die weste van Botswana 2 daae se ry van Swakopmund. Die Kalahari Arms Hotel is die beste hotel in Ghanzi en besonder ryk aan geskiedenis.

ZIMBABWE

Daar is talle hotelle in Zimbabwe wat jou vakansie in die Swakopmund Hotel sal komplimenteer. Cutty Sark Hotel is 'n bekostigbare hotel by die karibadam terwyl Fothergill Eiland 'n luukse lodge in die karibadam is.  Die Rainbow Towers Hotel in Harare, is een van Zimbabwe se luukste hotelle en was eers bekend as die Harare Sheraton Hotel.  Die Kingdom Hotel is beslis een van Zimbabwe se beste hotelle enbinne loop afstand van die Victoria Waterval.